Port Moresby

Port Moresby

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Papoea-Nieu-Guinee Papoea-Nieu-Guinee
 Distrik Nasionale Hoofstaddistrik
 Koördinate 09°25′S 147°17′O / 9.417°S 147.283°O / -9.417; 147.283
 Stigting 1873
 Oppervlakte:  
 - Totaal 240 vk km
 Hoogte bo seevlak 35 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2011) 364 145
 - Bevolkingsdigtheid 1 500/vk km
 Tydsone UTC +10 (AEST)
 Burgemeester Powes Parkop
 Amptelike webwerf ncdc.gov.pg

Port Moresby (Engels: [ˈmɔːrzbi]; Tok Pisin: Pot Mosbi), ook bekend as Pom City of kort Moresby, is die hoofstad en grootste stad van die eilandstaat Papoea-Nieu-Guinee. Die stad is aan die suidkus van die eiland Nieu-Guinee langs die Koraalsee geleë. Die stad het 'n bevolking van 364 125 in 2011 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 240 km². Port Moresby is een van die grootste stede in Oseanië met 'n bevolking van meer as 300 000 en die grootste stad in die suidelike Stille Oseaangebied buite Australië en Nieu-Seeland.

Port Moresby soos gesien vanaf die Internasionale Ruimtestasie

Teen 2020 het Port Moresby 'n bevolking van sowat 383 000 gehad.[1] Die plek waar die stad gestig is, is oor eeue heen deur Motu-Koitabu bevolk. Die eerste Brit wat die gebied bereik het, was in 1873 die kaptein van die Britse Vloot John Moresby. Die stad is in dieselfde jaar as 'n handelspos gestig en na sy vader, Admiraal van die vloot Sir Fairfax Moresby, genoem. Die stad is geleë in 'n beskutte baai en het dus 'n voorkeur-ankerplek vir skepe geword. Tydens die Tweede Wêreldoorlog is dit deur die Japannese Keiserryk verower en het as 'n militêre basis gedien om Australië van Suidoos-Asië en die Amerikas af te sny.

Alhoewel Port Moresby deur die sentrale provinsie omring word en as hoofstad van dié provinsie dien, is dit nie deel van die provinsie nie en vorm die Nasionale Hoofstaddistrik (Engels: National Capital District, NCD). Die tradisionele grondeienaars, die Motu- en Koitabu-mense, word deur die Motu Koita-vergadering verteenwoordig.

Port Moresby het in 2018 die APEC-spitsberaad gehuisves. Daar was egter kommer oor veiligheid as gevolg van die hoofstad se bekende geweldsmisdaad.[2] Ter geleentheid van hierdie spitsberaad het die kruisvaartskepe Pacific Jewel en Pacific Explorer, maar ook die oorlogskip USS Green Bay die hawe besoek en vir die eerste keer het 'n Chinese staatshoof Papoea-Nieu-Guinee besoek.[3]

  1. (en) "Papua New Guinea". Central Intelligence Agency. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Mei 2016. Besoek op 15 Oktober 2020.
  2. (en) Tlozek, Eric (30 Junie 2018). "Security in PNG's Port Moresby under spotlight as APEC summit approaches". ABC. Port Moresby. Besoek op 15 Oktober 2020.
  3. (de) Till Fähnders: 40 Maseratis, Baströcke und bittere Armut, in: FAZ Nr. 268, 17 November 2018, bl. 5.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne